Projekte
RESERVOIRS
Khumani Ysterertsmyn, Kathu (2007-2008):

Nkomatimyn Fase 2, Machadodorp (2008):

Moruleng 15 Mℓ Reservoir (2010):
Strukturele ontwerp van ‘n silindriese reservoir met ‘n plat dak en ‘n nagespanne muur. Buiten vir die glyvoeg by die onderkant van die muur wat met ‘n verband geseël is, en die glyvoeg tussen die dakblad en die muur, was die reservoir as voegloos ontwerp.

Refenkgotso 9 Mℓ Reservoir, Deneysville (2012):

175 Mℓ Tenks vir Saldanha Ru-olie Meng- en Bergingsfasiliteit (2016)7:

Vlakfontein 210 Mℓ Reservoir, Benoni (2015, 2020)9:
Hierdie silindriese reservoir met ‘n nagespanne muur wat in 2015 ontwerp is, is tans onder konstruksie. Hierdie is waarskynlik een van die grootste silindriese nagespanne betonreservoirs in die wêreld, met ‘n binnediameter van 154 m en ‘n muurhoogte van 11,8 m. Die dakblad is ‘n platblad wat deur 256 kolomme, wat teen 8,4 m gespasieër is, ondersteun word. Aangesien die reservoir 6 m onder natuurlike grondvlak is, is daar beide ‘n lekkasie-opsporingstelsel en ‘n grondwater dreineringstelsel onder die voetspoor van die reservoir. Die twee stelsels word met ‘n versterkte polipropileen-membraan geskei.
Besondere aandag word aan die betonmengselontwerpe gegee, onder andere die volgende aspekte:
- Die sementmateriaal bestaan uit ‘n mengsel van CEM I 52,5N sement en vliegas, met ‘n water-binder verhouding van 0,50 vir alle strukturele beton. Vliegas bied voordele soos die verlaging van die hidrasiehitte, verbetering van die werkbaarheid van die beton en heling van krake. Die verhouding vliegas varieer vir die verskillende struktuurelemente.
- Beide die growwe en fyn aggregaat is van dolomitiese oorsprong, as gevolg van die lae wateraanvraag van ±170 ℓ/m3 en lae waterabsorpsie (0,5% en 0,2% respektiewelik), wat voordelig is ten opsigte van krimp. Die lae wateraanvraag het ook ‘n laer sementmateriaal-inhoud tot gevolg, wat die hidrasiehitte verlaag. Beton met dolomitiese aggregaat in Suid-Afrika is ook geneig om ‘n laer termiese uitsettingskoëffisiënt (α ≈ 9×10-6 /K) en ‘n hoër elastisiteitsmodulus te hê as beton met ander tipe aggregate, wat ook voordelig is.
- Chryso Serenis krimp-inhiberende bymengsel word in horisontale elemente gebruik. Deur versnelde krimptoetse teen doserings van 0%, 1%, 1,25% en 1,5% is die optimum dosering van 1,25% vasgestel.
Die reservoir bevat sowat 16 300 m3 beton, 8 000 m3 sandlose beton en 2 250 ton gewone wapening. Die amptelike voltooiingsdatum is middel 2023.
Die vordering tot op hede is soos volg:
- Polipropileen-membraan: 100% geïnstalleer.
- Muurvoetstuk: 100% is gegiet.
- Muur 1ste Giet: 60 uit 60 panele is gegiet.
- Muur 2de Giet: 60 uit 60 panele is gegiet.
- Muur 3de Giet: 60 uit 60 panele is gegiet.
- Vloerblad: 13 uit 13 panele is gegiet.
- Kolomme: 272 van 272 is gegiet.
- Dakblad: 13 825 m2 van 19 500 m2 is gegiet.
- Naspanning van muur: 100% voltooi.
Die humiditeit bo elke bladpaneel word met draagbare hoëdruk-misspuite tydens giet vanaf eerste plasing van beton tot voltooiing van finale afwerking verhoog om plastiese krimp te verhoed. Nadat finale afwerking voltooi is, word die bladpaneel met plastiekvelle bedek, totdat water-nabehandeling die volgende dag begin. Tydelike baksteenmuurtjies word om elke bladpaneel gebou sodat die paneel met water gevul kan word.
(opgedateer 14 April 2022)
RESERVOIRREHABILITASIE
Herstel van Cliftonlaan 14 Mℓ Reservoir, Centurion (1998-99)1:

Rehabilitasie van die 45 Mℓ Waterval Reservoir, Roodepoort (2007)5:
Krake tot 20 mm wyd het in die gravitasie tipe muur van die reservoir wat in 1953 gebou was, ontstaan. Ten spyte van verskeie pogings om die reservoir the herstel, moes dit in 2001 uit bedryf gestel word as gevolg van oormatige lekkasie en kommer oor strukturele veiligheid. Die reservoir is gerehabiliteer deur die konstruksie van ‘n nuwe nagespanne betonmuur aan die binnekant van die bestaande gekraakte muur, en die belyning van die binnekant van die reservoir met ‘n 2 mm dik etiel-viniel-asetaat voering.

DRUKTORINGS
Grand Central 6,5 Mℓ Water Druktoring, Midrand (1993)1:

Modimolle 1 Mℓ Water Druktoring, Modimolle (2005)1:
RIOOLSUIWERINGSAANLEGTE
Uitbreidings aan Thaba Cheu Rioolaanleg, Lydenburg (2003)1:

SPORTSTADIONS
Loftus Versfeld Suidpawiljoen, Pretoria (1988-89)1:

Nelson Mandelabaai 2010 Veeldoelstadion, Port Elizabeth (2006-08)2:

GEBOUE
BMW Finansiële Dienstegebou, Midrand (2006)3:

Es’kia Mphahlele Registrasiegebou, UNISA, Pretoria (2008):

INDUSTRIËLE STRUKTURE
Kermanshah 1200 MTPD Ammoniakaanleg, Iran (2003-04)1:

SASOL Stoomketel 9 Opknapping, Secunda (2008-09)4:

SIVIELE WERK
N3 Hellingstabilisering, Van Reenenspas (2003)1:

Rehabilitasie van Boughton Glipswigting, Pietermaritzburg (2007):

Olifantsrivier Watervoorsieningsprojek (2011 - 2013)6:

Grootegelukmyn 6000 ton Steenkoolsilo Herstel (2018 - 2020)8:
- volledige afbreek en herkonstruksie van die silo;
- afbreek van die silowand tot op vloervlak en herkonstruksie daarvan;
- konstruksie van ‘n nuwe wand op die vloerblad aan die binnekant van die bestaande wand en versterking van die kolomme;
- versterking van die wand met vinne en versterking van twee kolomme.
Die laaste opsie was die voordeligste en is in Strand7 gemodelleer (op die prent van die model is ‘n kwart van die silo weggesny om die binnekant sigbaar te maak). Twee kolomme is na buite vergroot, en die wand is met 10 vinne teen 2 m hartafstande vanaf vlak 14,500 versterk. Die kontakoppervlak van die wand by vinne is grofgemaak, en die vinne is aan die wand bevestig met Y12 ankerstawe. Ongeveer 6000 ankerstawe is geïnstalleer en aan ‘n streng trektoetsregime onderwerp. Die vinne is met water nabehandel.
ONDERSOEKE
Falingsondersoek van Grootegelukmyn Werkswinkelbeddinglaag (2014):

Falingsondersoek van die Ondangwa, Ongwediva en Oshakati Reservoirs (2009):

EINDIGE-ELEMENTANALISES
Tamburawa Watersuiweringsaanleg, Kano, Nigerië (2005-2006)1,4:

ONTWERPVERIFIKASIES
Neusberg Hidroëlektriese Skema, Kakamas (2014):

REHABILITASIE
Loftus Versfeld Betonrehabilitasie (2014):

1 As werknemer by BKS (Edms.) Bpk.
2 As subkonsultant vir Kwezi V3 Ingenieurs en Ndodana Consulting Engineers (Pty) Ltd
3 As subkonsultant vir Daling, De Lange & Van Tonder (Edms.) Bpk.
4 As subkonsultant vir BKS (Edms.) Bpk.
5 As spesialis-subkonsultant vir Nyeleti Consulting (Pty) Ltd
6 As spesialis-subkonsultant vir Ndodana Consulting Engineers (Pty) Ltd
7 As spesialis-subkonsultant vir BSM Baker (Pty) Ltd
8 As spesialis-subkonsultant vir bvi Consulting Engineers Gauteng (Pty) Ltd
9 As spesialis-subkonsultant vir Bosch Projects (Pty) Ltd