Firmaprofiel

HGK Raadgewend BK is ‘n raadgewende ingenieurspraktyk wat in stuktuuringenieurswese spesialiseer. Die praktyk het sy deure op 1 Maart 2006 geopen en is gestig deur Erhard Kruger, wat op daardie tydstip ses-en-twintig jaar ondervinding in struktuuringenieurswese gehad het.

Die praktyk streef na innoverende oplossings vir struktuurprobleme. Dit is verbind daartoe om werk van uitnemende gehalte te lewer en kliënte se behoeftes te bevredig deur:

  • gebruik van gevorderde programmatuur soos Strand7 en die nuutste tegnologie
  • deurlopende persoonlike betrokkenheid van die lid in projekte
  • verbintenis tot sperdatums en begrotings
  • ekonomiese, praktiese ontwerp sonder om strukturele integriteit in te boet
  • aandag aan detail.

 Die velde van kundigheid is:

  • ontwerp van waterhoudende strukture soos reservoirs, druktorings, klepkaste, mangate en water- en rioolsuiweringsaanlegte
  • ontwerp van geboue in gewapende beton, spanbeton en struktuurstaal
  • ontwerp van sportstadions
  • ontwerp van industriële – en mynstrukture
  • rehabilitasie van reservoirs en ander waterhoudende strukture
  • brûe en duikers
  • struktuurondersoeke, soos die ondersoek van en advies oor krake in waterhoudende strukture en geboue, lekkasies in waterhoudende strukture, visuele oudits van strukture met die oog op rehabilitasie, falingsondersoeke van strukture, ens.
  • ontwerpverifikasies van geboue en siviele strukture
  • ingenieursbestuur van projekte
  • spesialisgetuienis in hofsake
  • betonrehabilitasie.en herstel van geboue en siviele strukture.